Wanneer Carly Eloff uitvind van haar man se buite-egtelike verhouding, trek sy finaal die woonsteldeur agter haar toe en stap die nag in.
Ans Barnard laai haar op en neem haar in. Carly maak haar hart oop teenoor die ouer vrou en hulle raak goeie vriende.
Carly gaan saam plaas toe. Almal aanvaar haar teen-woordigheid in die klein huisie, maar Ans se susterskind en mede-plaaseienaar is 'n ander storie. Marnus, met sy afsydige houding en ysblou oë wat tot in haar siel kyk, beskou haar as 'n indringer en fortuinsoeker, of so voel dit vir haar.
Ten spyte van Marnus se houding teenoor haar, bring die rustigheid van die plaas weer kalmte in haar gemoed en flenter hart.
Haar lewe word 'n tweede keer omgekeer wanneer haar geliefde tannie Ans onder verdagte omstandighede sterf.
Wat hou die toekoms in vir Carly? Sal sy Marnus kan oortuig van haar eerbare bedoelings met sy tante? Gaan sy aanbly op die plaas, of moet sy elders van voor af begin?