Книга Spore in die Dou Franciska Mouton

Spore in die Dou

Автор: Franciska Mouton
Език: Африканс
Корици: С меки корици
Издател: Independently Published
Наличност: Външен склад
Изпращаме след 14-21 дни
11.77 23.03 лв
Storm Johanson, beroemde fotograaf vir TV-kanale soos National Geographic's en BBC Earth, vertrek op...

Информация за книгата

Автор
Език
Африканс
Корици
Книга - С меки корици
Издадена
2021
страници
174
EAN
9798499015339
Enbook ID
37669375
Издател
Теглоt
209
Размери
140 x 216 x 9

Пълно описание

Storm Johanson, beroemde fotograaf vir TV-kanale soos National Geographic's en BBC Earth, vertrek op 'n sending na Namibië om die skaars ietermagog te gaan fotografeer. Daar op Garub, die plaas aan die voet van die Karasberge, vind sy dan ook die liefde van haar lewe.
Maar... Die lewe gebeur. Storm verlaat Garub en keer terug na Suid-Afrika, waar niemand haar ken of ongemaklike vrae vra nie.

Alleen in die Kaap, neem 'n vriend haar onder sy vlerk. Storm begin as joernalis en fotograaf by die Oggendson werk, met haar geheim veilig weggebêre.

Sy kry op 'n dag opdrag om 'n moord te gaan dek in Sandvlei, nie ver van Keetmanshoop nie. Dit blyk dat die moord dieselfde patroon volg as die opspraakwekkende moorde wat meer as ses jaar vantevore in die dieselfde dorp gepleeg is.

Aangesien Sandvlei Storm se geboortedorp is, moet sy kilometers vêr ry vir 'n simpel koerantstorie! Sy smeek die redakteur om iemand anders te stuur, want hoe op dees aarde gaan sy weer die inwoners van Sandvlei in die oë kyk? En om olie op die vuur te gooi... Garub, die plaas waar sy soveel liefde geken en gekry het, is redelik naby aan Sandvlei.

Storm word uit haar bewustelose toestand geruk deur die getjank van 'n hond. Sy besef dat sy in die wrak van 'n motor vasgekeer sit. Wie sy is en waarheen sy op pad was, weet sy nie. Ook nie waarom die motor vol roosblare is nie.

Gaan Marcus Fourie, die baas van Garub, haar betyds opspoor en red van 'n gewisse dood?

Клиенти, които купиха тази книга, купиха също

19.49 38.12 лв

Houses

DON BARKIN
13.83 27.04 лв
10.37 20.28 лв